Kuberkrakers kry Franse kernkrag planne

Kuberkrakers het daarin geslaag om deur te breek en geheime dokumente bekom van Frankryk se Kernkragsentrales waarvan sekere besonderhede op ’n gehuurde rekenaar bediener in Duitsland gevind is.

Volgens die jongste inligting is duisende sensitiewe dokumente van kernkrag sentrales deur die kuberkrakers bekom vanaf ’n Franse maatskappy se rekenaars waar die geheime inligting geberg is.

Uit inligting blyk dit dat die krakers op die stelsel van die Frans maatskappy Ingerop sowat 65 gigabytes se dokumentasie gesteel het.

Die geheime inligting behels ook besonderhede van versteekte kameras by hoë sekuriteit tronke sowel as die persoonlike besonderhede van die Ingerop maatskappy se personeel.