Kind gooi onderwyser met baksteen

Van water tot baksteen.  Eers is ‘n onderwyseres met ‘n glas water gegooi, ’n toe is die leerling is geskors.

Nou het ‘n leerder in Soweto sy onderwyser met ‘n baksteen gegooi en hom geskop. Hy het ook gesê die onderwyser gaan vandag swaar leef.

Die Departement van Onderwys het egter gesê die leerder sal nie geskors word nie as gevolg van sy gedrags afwykings probleem.

Opvoeders se taak word veral in sekere gebiede ’n hoë risiko beroep, en die moontlikheid is al geopper om veiligheidspersoneel by skole verpligtend te maak om onderwysers te beskerm.

Gedurende die afgelope maande het verskeie voorvalle plaasgevind waar skoliere aggressief optree teenoor onderwysers, en kommer bestaan dat daar nie sterk genoeg opgetree word teen sulke aggressors nie.