Karavaan voetslaners vra asiel

Duisende onwettige immigrante wat as karavaan voetslaan na di Amerikaanse grens met Meksiko het koue voete gekry en wil nou eerder in Meksiko vir asiel aansoek doen.

Die sogenaamde dapper voetslaners het klaarblyklik kennis geneem van die Amerikaanse Weermag soldate wat vir hulle inwag by die grens en wat kan lei tot konflik indien hulle die grens na Amerika sou wou oorsteek.

Minstens drie verskillende groepe is onderweg na die VSA, maar daarvan het duisende reeds omgedraai en doen eerder aansoek om asiel in Meksiko.

Vroeër het die regering van Meksiko die voetslaners uitgenooi om hulle te vestig in die land, maar leiers het met bravade die aanbod van die hand gewys.

Die voetslaners uit Guatemala,  Honduras en El Salvador is reeds vir weke aan die stap na Amerika, maar met inligting wat opgevang is deur die sosiale netwerk, is die bravade van duisende voetslaners gedemp wat nou verkies om eerder in Meksiko te bly.

Meer as 3,200 van die Sentraal Amerikaanse voetslaners het hul aansoeke om asiel ingedien by die Meksikaanse owerheid, en sowat 2,700 het reeds goedkeuring om tydelik in Meksiko te woon.

Waarnemers sê die lang tog het te veel geword vir baie van die mense, en moeilike oornag slaapplekke soos sport stadions en die oop veld het menige se lus vir die tog laat taan.