Karavaan immigrante kry teenstand

Sowat 42 onwettige immigrante wat probeer het om deur te breek na die VSA, is deur die Amerikaanse polisie in hegtenis geneem is verkeer in aanhouding.

Die Trump-regering het weer bevestig dat enige onwettige immigrant wat onwettig handel, beslis nie toegelaat sal word om in die VSA te bly nie en sulke mense se aansoek om asiel sal nie slaag nie.

Intussen het die Minister van Binnelandse Sake in Meksiko, Alfonso Navarrete, gesê dat enige vreemdeling wat op onwettige manier probeer om na die VSA te gaan, gedeporteer sal word uit Meksiko.

Intussen het sowat ’n 1,000 immigrante wat in ’n kamp in Meksiko woon, met ’n stormloop gepoog om die grens na die VSA oor te steek, maar hulle het met traangas in die gesig, terug gedeins en op die vlug geslaan.