Joernalis vra Ramaphosa vas

Tydens ‘n onderhoud met die Europese pers het ‘n joernalis aan die ANC president, Cyril Ramaphosa, gevra of sy herhaalde retoriek van die Mandela nalatenskap nie bots met sy Marxistiese uitkyk op grondhervorming sonder vergoeding nie.

Sy swak verduideliking was dat die probleem opgelos sou word soos wat apartheid opgelos is.  Wat die joernalis natuurlik vergeet, of nie weet nie, is dat Mandela ook ‘n kommunis was.

Ramaphosa is tans in Europa en sal ondermeer besoek bring by die Europese Unie in Brussel, waar hy na alle waarskynlikheid sal poog om met wêreldleiers kontak te maak wat bereid sal wees om beleggings in Suid-Afrika te maak.

Ramaphosa het vroeër gesê die land se werkloosheid en ekonomiese toestand sal nie verbeter sonder buitelandse beleggers s bydrae nie.

Foto – Cyril Ramaphosa