Iran stel sy hommeltuig bekend

Iran het begin met die vervaardiging van sy eie hommeltuig vegter vir die gebruik in sy ei lugmag nadat die Amerikaanse president sanksies teen hom ingestel ht.

Die Iranse Republiek het die Kowsar vegvliegtuig bekendgestel gedurende ’n vertoning die afgelope Saterdag nadat di VSA aangekondig het dat swaar sanksies teen hulle ingestel word.

Die land se Minister van Verdediging, Amir Hatami, sê binnekort sal ’n groot aantal van die hommeltuig vegters vervaardig word wat deur die Weermag in gebruik geneem sal word.

Die minister het gesê die ontwikkeling van die vegters is ’n bewys van die kundigheid van Iran te midde van swaar sanksies wat deur die land se “vyande” teen hom ingestel het.

Die bekendstelling seremonie kom ’n dag nadat die Verenigde State van Amerika aangekondig het dat hy di sanksies teen Iran verder verskerp.

Waarnemers wys daarop dat die weermag van Iran nie enige tegniese besonderhede bekendgestel het nie.

Intussen het President Trump bekendgemaak dat die sanksies teen Iran verder verskerp is maar dat agt land toestemming gekry het om olie van die land aan te koop.