Groter werkloosheid in SA

Die Nasionale Unie vir Mynwerkers (NUM) het ’n beroep gedoen op die Minister van Minerale Hulpbronne, Gwede Mantashe, om werksgeleenthede te beskerm ny die Gold Field Myn.

Die volg nadat die myn aangekondig het dat hy genoodsaak is om 1,100 werkers af te lê en bygevoeg dat die aantal kontrakteurs verminder word na 420.

Die aankondiging van Gold Field kom slegs enkele dae nadat die ANC regime ’n sogenaamde werk vergadering gehad het om te verseker dat geen afleggings gedon word nie, maar wat oënskynlik ’n algehele mislukte poging was.

Tydens die vergadering is planne uitgespel wat ook nuwe werksgeleenthede sou genereer, waarvan daa tot hede niks van gekom het nie.

Die NUM vakbond verteenwoordig sowat 80% van die mynwerkers asook 2,214 kontrakteurs, maar kenners wys daarop dat die vakbond selde daarin slaag om werksgeleenthede te verseker vir sy lede.

Met die jongste aankondiging van die myngroep, styg die werkloosheid syfr nog verder, en word dit duidelik dat di Ramaphosa bewind nog niks kon doen om die tensdns te stuit nie.

Foto – Gwede Mantashe