Grondgryp leuens of diskriminasie

Met die Duitse President, Frank-Walter Steinmeier, op besoek in SA het die ANC president weereens gelieg en gesê dat daar nie grond diefstal sal plaasvind nie.

Hy gaan voort deur te sê dat beleggers se grond en hulle beleggings veilig is .

Waarnemers wonder of dit beteken dat buitelandse grondeienaars se grond veilig is maar blanke boer se grond nie.

President Steinmeier het op ‘n vraag gesê dat grond hervorming in Duitsland anders is as in SA en hy nie kommentaar wil lewer nie.

Ramaphosa gaan voort om met ‘n gesplete tong te praat, word gesê.

Politieke ontleders sê die waarheid van ANC beleid het hulle ingehaal nadat Duitsland se sakemanne vroeër die week gesê het dat hulle nie sal belê in SA voordat BEE afgeskaf is nie.