Gordhan klim onder Zuma in

In ‘n 68-bladsy voorlegging voor die staatskaping kommissie het Pravin Gordhan sy besonderhede bekend gemaak rondom Zuma se handelinge.  In 2015 is hy deur Jacob Zuma genader aangaande ’n ooreenkoms met die Airbus vervaardiger omdat Dudu Myeni graag die ooreenkoms wou  aangaan teen ‘n buitengewone hoë prys.

Hy het aan Zuma gesê dat dit nie gedoen kan word nie maar dit was duidelik dat Myeni vir Zuma gevra het om tussen beide te tree.  Die koop ooreenkoms is verander na ‘n huur ooreenkoms wat baie meer realisties was.

Op die wyse betrek hy Zuma by die Russiese kernkragsentrale ooreenkoms asook pogings om by PetroSA en later by Denel toutjies te trek ten gunste van die gebroeders Gupta.

Verder kom Zuma se vingers ter sprake met SAID en die verhouding tussen Monyane en Gordhan.  Die sluiting van die Gupta bankrekenings wat deur Mosebenzi Zwane teengestaan is,  het met die volle ondersteuning van die destydse ANC president.

Foto – Pravin Gordhan