Gigaba dreig die ANC

Malusi Gigaba het in ‘n onderhoud gesê hy sal lid bly van die ANC en nie soos Julius Malema die party verlaat nie.

Hy gaan verder en sê dat daar persone is wat saam met hom “opgegroei” het in die ANC maar as hul hom gaan aanvat,  gaan die hel los wees.

Meningsvormers reken dalk weet hy van ander kamerade se swendelary en hou hy hul nou so ’n bietjie “gyselaar”.

Intussen het Gigaba die EFF se Ndlozi die pinkie gewys in die parlement tydens ‘n spottery oor slimfoon kameras – verwysend na Gigaba se seks video.

Gigaba is reeds vir weke die ANC se nuusmaker, en waarnemers meen die tyd het gekom dat di ANC president optree teen die man wat uiters omstrede geword het.

Foto – Malusi Gigaba