Gesondheidsdienste krepeer wêreldwyd

Gedurende die afglop ses maande het verskeie lesers dit onder die aandag van Die Vryburger gebring dat noodsaaklike voorskrif medikasie nie beskikbaar is nie.

In Vlaandere het die Aptekersbond ook begin alarm maak en wys daarop dat daar reeds meer as 400 verskillende soorte medikasie is wat net ni meer beskikbaar is nie.

’n Woordvoerder van die Aptekersbond sê die probleem is so ernstig dat daar noodsaaklike medikasie is wat nie meer beskikbaar is vir pasiënte nie, en kan hulle nie behoorlike behandeling kry nie.

Hy sê die probleem word vererger as alternatiewe medikasie vir ’n ernstige aandoening ook nie beskikbaar is nie.

Na deeglike ondersoeke gedoen is, word gevind dat baie van die tekorte ontstaan weens ’n tekort aan grondstowwe wat benodig word in die vervaardiging.

Daar is ook ’n tweede rede, naamlik dat sekere soorte medikasie van tyd tot tyd onderwerp word aan toetse en navorsing, wat veroorsaak dat die vervaardiger tydelik die proses van produksie moet staak.