Georgië kry eerste vroulike president

Die voormalige Russiese satellietstaat, Georgië, wat na bloedige stryd teen Rusland, sy vryheid herwin het, het pas sy eerste vroulike president verkies.

Sedert 2014 kies die land se stemgeregtigdes hul president, en vanjaar is ’n vrou tot die amp gekies.

Salome Zurabishvili het die verkiesing gewen deur 59,6% van die stemme te trek met ’n trae stempersentasie van net meer as 56%.

Die nuutverkose president is ondersteun deur die regerende Georgië Droom Party wat gestig is deur die miljardêr, Bidzina Ivanishvili, watt ook die land se welvarendste sakeman is.

Salome Zurabishvili se belangrikste taak sal waarskynlik wees om ’n balans te handhaaf tussen pro-Westerse aspirasies en die vermyding van konflik met Moskou.

Die opposisie kandidaat kon slegs 40,4% van die stemme trek, en het na bekendmaking van die uitslag gesê verkiesings bedrog was aan die orde van die veldtog.

Foto – Salome Zurabishvili