General Motors sluit vyf fabrieke

Die Amerikaanse voertuigvervaardiger, General Motors, wil met ’n herstrukturering teen die einde van 2020 sowat $6 miljard bespaar deur honderde werkers af te lê.

Die vervaardiger wil 15% van sy werkers verminder, wat sowat 14,700  mense raak as hy minstens vyf van die GM fabrieke sluit soos wat beplan word.

Met die aankondiging het ’n woordvoerder van GM gesê dat een van sy motors, ’n top model, ook van die reeks afgehaal gaan word omdat daar nie groot genoeg aanvraag in die mark is nie.

In reaksie daarop het die President, Donald Trump, hulle aangeraai om ’n ander model te ontwikkel wat wel sal verkoop.

Hy het sy teleurstelling uitgespreek oor die besluit van General Motors aangesien die president groot veranderings in die VSA aangebring het met die doel om werkloosheid uit te wis.