G20: Trump-Poetin gesprek dalk afgestel

Die beoogde samesprekings tydens die G20 Beraad in Argentinië tussen die twee presidente, Donald Trump van Amerika en Vladimir Poetin van Rusland, is waarskynlik van die baan.

Di Amerikaanse president was nie ingenome met die optrede van Rusland wat op drie skepe van die Oekraïne losgebrand het en beslag gelê het op die skepe ’n hul bemanning nie.

In ’n verklaring het President Trump gedreig om die samesprekings met Vladimir Poetin af te stel en bygevoeg dat die Russe se optrede onaanvaarbaar is.

Die ontmoeting tydens die G20 braad in Buenos Aires was reeds gereël maar die konflik tussen Rusland en die Oekraïne het die spanning verder verhoog.

President Trump het in ’n media onderhoud gesê sy besluit is nog nie finaal nie en hy wag op ’n volledige verslag van die gebeure waarna hy ’n finale besluit sal neem.

Foto – President Donald Trump