Franse politikus dalk kommunistiese spioen

’n Senior administrateur in die Franse Senaat is gearresteer op aanklag van moontlike spioenasie vir die regering van Noord-Korea.

Die Fransman word daarvan beskuldig dat hy sensitiewe inligting aan Pyongyang lewer wat Frankryk kan benadeel en ondermyn.

Die Franse veiligheidsdiens het vroeër die week Benoit Quennedey gearresteer terwyl hy betrokke is by die Franse-Korea Vriendskap Vereniging.

Benoit Quennedey word aangehou en ondervra oor sy versameling en aflewering van inligting aan die kommunistiese skiereiland terwyl Franse belange daardeur ondermyn word.

Die media in Frankryk beskryf Benoit Quennedey as ’n radikale aktivis van die vêrlinkse Radikale Party van Frankryk.

Foto – Benoit Quennedey