Evkom en fase 8 beurtkrag

Die Elektrisiteitsvoorsiening Kommissie , of te wel Evkom,  het aangekondig dat die fase 8 beurtkrag wat hul afgekondig het,  nie “rede is vir paniek” nie.  Die skedule sal toelaat dat 8,000MW van die nasionale toevoerstelsel   verwyder word.  Verbruikers kan gedurende die fase sonder krag wees vir 48 uur oor ‘n vier-dae tydperk of 96 uur oor ‘n agt dae periode.

Die Vryburger medewerkers troos lesers met galge humor: Geen paniek nie lesers, net geen krag , ala Evkom.

Intussen het Sakeliga, ‘n besigheids organisasie, ‘n hofbevel teen Evkom verkry om nie krag af te sny na Messina munisipaliteit.  Die hof is daarop gewys dat betalende verbruikers nie gestraf kan word weens die munisipaliteit se onvermoë om hul rekening te betaal nie.