EU plan teen klimaat verandering

Die Europese Unie het op die vooraand van die beraad oor klimaatsverandering sy plan bekendgemaak hoe Europa gaan bydra tot die bestryding van klimaatsverandering.

Europa sal volgens die EU plan, teen die jaar 2050 ’n “klimaat neutrale” gebied waas indien alles volgens plan verloop.

Die ambisieuse plan om die kweekhuis gasse effek te vernietig, is saamgevat in ’n 32-bladsye dokument wat ook ’n tydtafel bevat.

Om gewig te gee aan die mikpunte, het Duitsland intussen aangekondig dat hy sy bydraes tot die bestryding van klimaatsverandering gaan verdubbel.

Die inligting is vrygestel slegs enkele dae voordat die Beraad oor Klimaat in aanvang neem in Pole.

Die politieke leiers glo die omkeer is moontlik, maar wetenskaplikes sê die omkeer is slegs moontlik as die wêreld sy planne ter bestryding, verdriedubbel.

Alhoewel die EU se plan waardevolle projekte insluit, is daar ook enkele maatreëls wat waarskynlik minder gewild sal wees by die deursnit burgers.

Die vermindering in die geboortes, die wegbeweeg na vegetariese maaltye, en geen binnebrand voertuie op die paaie is slegs enkele mikpunte wat waarskynlik nie almal haalbaar sal wees nie, word gesê.