EFF en DA se konkoksie

Gerugte doen lankal die rondte dat die EFF gebaat het vir die tydperk van “samewerking” met die DA onder Herman Mashaba in Johannesburg.

Dit blyk nou dat die motor vloot van Johannesburg, met sy 2,700 voertuie, se kontrak in 2017 hernu moes word met Avis as die voorloper.

Die kontrak word egter toegeken aan Afrirent, ‘n nuweling in die mark. Finansiële rekords toon ‘n betaling in twee paaiemente van R500,000 in ‘n maatskappy met die naam Mahuna. Die maatskappy is bestuur deur Malema se neef en die geld is glo gekanaliseer na die EFF.

Dit toon dat Mashaba bereid was om sogenaamde skoon administrasie prys te gee ter wille van politieke opportunisme.

Sodoende het hy die mag behou maar terselfdertyd toegelaat dat die EFF sekere departemente en tenders beheer. Mashaba het by navraag gesê dat hy die saak sal ondersoek, maar nie bewus is van enige onreëlmatighede nie.