Eerste munisipaliteit vou

Die Fetakgomo munisipaliteit in Limpopo gaan onder administrasie geplaas word nadat salarisse nie betaal kon word nie.

Dit volg na sowat R200 miljoen deur die munisipaliteit onwettig by die VBS Bank “belê” is .

Giyani het R158 miljoen en Collins Chabane R122 miljoen belê.

Daar word gevrees dat nog rade onder administrasie geplaas gaan word weens die onreëlmatigheid terwyl plaaslike owerhede gewaarsku is om nie enige beleggings by die bank t maak nie.

Wie gaan help?  Waarskynlik die Tesourie, met die belasting betaler se geld.

Foto – Collins Chabane