Durban prof in die moeilikheid

’n Durbanse professor en hoof van ‘n staats hospitaal word tans ondersoek weens beweerde uitlatings wat hy gemaak het.

Hy het sy personeel glo dieretuin diere genoem en na homself verwys as die Dieretuin opsigter.

Sy naam mag nie bekend gemaak word tot tyd en wyl hy aangekla is nie, en die moontlikheid dat hy sy pos gaan verloor is nie uitgesluit nie.

Dit blyk dat mense nog nie besef hoe hulle in die moeilikheid kan beland deur ondeurdagte uitlatings te maak nie., veral as dit neerhalend is teenoor swartmense in die land.