Duitsland klap ANC onderstebo

Europa het sy deure oopgemaak maar EU handelsvennote konsessies voordat hulle beleggings in Suid-Afrika gaan maak.

Hiervan is die belangrikste dat Duitsland nie in Suid-Afrika sal belê solank as wat die diskriminasie van ’n BEE (Swart Ekonomiese Bevoordeling) nie geskrap is nie.

Politieke waarnemers en sakelui in Suid-Afrika het die verdoemende uitslag van die onderhandelings aan die voete van die ANC regering geplaas.

Die Duitse afvaardiging was ernstig om weer na Suid-Afrika te kyk as beleggingsmoontlikheid, maar het dit onomwonde gestel dat hulle konsessies verlang, waarvan BEE as onregmatige maatreël vir swart bevoordeling beslis onaanvaarbaar is.

Waarnemers wys daarop dat die Duitse sakemanne verkies om self te besluit wie hulle in diens neem, en waarom hulle nie enige onregmatige bevoordeling van swartes sal duld nie.

Cyril Ramaphosa was verlede week in Brussel waar hy sakelui ’n politieke leiers oorreed het om sy land te besoek, maar nou blyk dit dat hulle hoegenaamd nie belangstel in sy land solank diskriminerende maatreëls van toepassing gemaak word nie.

Foto – Duitse president