Dosyne walvisse op strand uitgespoel

Op ’n afgeleë strand van Nieuw-Seeland het minstens 145 loodswalvis karkasse uitgespoel, en almal is dood omdat hulle te laat ontdek is.

Die walvisse, wat verwant is aan die dolfyn, het op ’n lang streep uitgespoel op die verlate strand, en wetenskaplikes krap nog kop oor die rede vir die eienaardige gedrag.

’n Klompie van die diere wat nog lewe getoon het, was egter so swak dat hulle nie gered kon word toe die reddingswerkers opdaag nie.

Iemand wat toevallig die afgelope naweek lop die strand gestap het, was die eerste persoon om die tragiese gebeurtenis waar te neem, en het die owerheid onmiddellik daarvan in kennis gestel.

Die walvisse het oor ’n afstand van meer as twee kilometer op ’n ry gelê wat ’n besondere voorval is, en nou deur wetenskaplikes ondersoek wil word om te bepaal wat die rede vir die selfmoord is.

Slegs sowat 400 mense woon in die omgewing en ’n woordvoerder het later gesê dit is die eerste keer dat so iets in hull omgewing gebeur het.