Die Osoonlaag is aan die herstel

Wetenskaplikes meld dat die osoonlaag aan die herstel is en ’n blywende heling kan verwag word en meen dat dit nie onmoontlik is vir algehele herstel binne 40 jaar nie.

Die osoonlaag word elke vier jaar beoordeel deur wetenskaplikes van die Verenigde Nasies, Nasa, die EU en ander instansies wat gesamentlik bepaal wat die stand is.

In die jongste verslag word optimisme oor ’n redelike vinnige ’n algehele herstel voorsin binne vier dekades, en sekere wetenskaplikes sê die koms van elektries aangedrewe voertuie kan dit nog bespoedig.

Die herstel proses het sedert die jaar 2000 met 1 tot 3% per tien jaar verbeter, en teen die tempo sal dit 30 jaar of meer neem om volkome te herstel.

Die osoonlaag beskerm die aarde ten skadelike strale van die son, en sedert die jare 1960 het wetenskaplikes gewaarsku dat die gat in die osoonlaag groter word en toenemende gevaar inhou vir algehele vernietiging van die osoon as daadwerklike maatreëls nie in plek kom nie.

Daarna het owerhede en nywerhede begin saamwerk en is gevaarlike of nadelige stowwe vermy, wat uiteindelik gelei het tot die geleidelike herstel wat tans ondervind word.

Die groei en krimp van die gat in die osoonlaag word egter ook beïnvloed deur die seisoene, en die gat bokant die Suidpool is tans aan die kleiner word.