Deur my lens

Soos voor elke verkiesing in die land, gryp die ANC en verskeie opposisiepartye na geelwortels waarmee hulle weer die kiesers kan flous om hul ondersteuning op stemdag te kry.

Hierdie komende verkiesing is geen uitsondering nie, en terwyl elke ANC leier nog ’n grondgryp eier lê, kry hy beskuldigings van korrupsie en ’n aantal oneerlik leiers soos die president wat onwaarhede in die buiteland gaan opdis om beleggings te kry.

Sy leuen dat daar nie plaasmoorde is nie, word vir my die kern van sy politiek, en kan hy nooit wees geglo word nie, want as hy so ooglopend kan lieg, dan is daar weinig waaroor hy nie sal lieg nie.

Grondgryp het honderde kiesers s verbeelding aangegryp, en sal waarskynlik die ANC bevoordeel deur weg te breek van die Malema party wat met die grondgryp in alle erns begin het, maar nou deur Ramaphosa gekaap is.

Die DA moet ook sy groot planne uitspel om kiesers te lok, want met De Lille se nuwe party op die DA agterstoep, lyk dit of die ANC met sy swak bestuursvermoë dalk weer die Wes-Kaap gaan oorneem.

Vir my is die ’n uitgemaakte saak, of jy DA of ANC stem, of selfs so vêr wil gaan om die EFF te steun, die korrupsie sal nie eind kry nie, die swak dienslewering ook nie, ’die geldgierigheid nog minder.

Klein Knapie