Dawie Roodt – Vat jou geld oorsee

Die ekonoom Dawie Roodt het reeds in 2017 beleggers aangeraai om hul geld oorsee te belê.

Na bykans ‘n jaar het hy steeds dieselfde raad ten spyte van Zuma se vervanging met Ramaphosa. Roodt beklemtoon dat omstandighede verskil van individu tot individu maar sy raad is steeds dat geld veiliger is oorsee as in SA.

Sy redes:   die SA ekonomie vaar nie goed nie en politiek veroorsaak groot onsekerheid in die land, veral die probleem rondom konfiskering – regering noem dit onteiening, wat maak dat beleggers nie in SA wil belê nie.

Hy sien ook nie dat die toestand, selfs oor die medium termyn, gaan verbeter nie en dat daar swaar tye voorlê aangesien die politieke leiers nie die wil het om veranderinge te maak nie.

Die bewys hiervan kan gesien word by hantering van SAL se hoeveelste reddingsboei om aan die gang te bly.

So as iemand spaar kontant het, vat dit uit, aldus Dawie Roodt.