Brit swem reg rondom Engeland

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom, het ’n man daarin geslaag om reg rondom Engeland te swem, maar dit was nie sonder erge wilskrag nie.

Ross Edgley het reg om Groot Brittanje geswem en daarmee die eerste mens geword wat die prestasie kon behaal toe hy vir 157 dae in die see moes deurbring.

Die swemmer is deur honderde entoesiastiese Britte vergesel gedurende die laaste skof onderweg na die klein dorpie Margate waar hy aanvanklik begin het.

Ross Edgley is een van die Britte se sterkmanne van die jaar, en ’n uitmuntende atleet wat die afstand van 2,883 kilometer geswem het om rondom die land te swem, en kon dit doen binne vyf maande.

Hy het sowat ses uur per dag in die water deurgebring en het in ’n ondersteunings boot gerus en geslaap, en wou baie graag die tog in 100 dae afhandel, maar moes tevrede wees om 157 dae in die see deur te bring.

Die Red Bull energiedrankie maatskappy het die poging geborg, en sy tog was ook nie sonder probleme toe ’n jellievis hom 37 keer beseer het, en na weke het hy probleme ondervind met sy tog weens die gedurige inname van klein hoeveelhede seewater terwyl hy swem.