Brasiliaanse aandele beurs styg dramaties

Di aandelebeurs in die Brasiliaanse stad Sao Paulo het verlede week skerp gestyg en ’n nuwe rekord hoogte bereik met die aankondiging dat die land ’n mer eerbare president gekry het.

Ekonomiese ontleders skryf die skerp styging toe aan die vertroue wat in die nuwe president gestel word deur beleggers.

Op ’n stadium het die beurs die hoogste vlak ooit bereik toe dit op 89,000 punte te staan gekom het, waarna dit ietwat laer gedaal het, maar hoër gesluit het as enige vorige sluiting.

Die ekonomiese ontleders sê die vertroue in die nuwe president neem toe nadat hy bevestig het dat al die verkiesingsbeloftes uiteindelik tot uitvoer gebring sal word.

President Bolsonaro het kort nadat hy verkies is, aangekondig dat die land se ambassade in Tel Aviv verskuif gaan word na Jerusalem, wat die eerste teken vir beleggers is dat die president sy beloftes gaan nakom.

Foto –  President Bolsonaro