Beloftes en beloftes

‘n Nuwe voorstel in die Nasionale Gesondheids Versekerings wet is dat mediese fondse verbied moet word sodra die voorgestelde NGV wet geïmplementeer word.

Dit blyk die minister van Gesondheid Aaron Motsoaledi, die Departement van Gesondheid en Tesourie omseil het en eensydig ‘n nuwe voorstel ter tafel gaan lê.

Die Tesourie se reaksie daarop was dat dit onhaalbaar is aangesien dit jare sal neem om diens te verskaf aan die bykans 9 miljoen lede van mediese fondse.

Die mening is gelug dat Afrika nog 45 jaar gaan neem om selfversorgend te wees

Cyril Ramaphosa het die Afrika Unie se buitengewone vergadering in Addis Ababa bygewoon en Suid Afrika se rol bevestig om te help dat Afrika word wat “hulle wil hê”.  Dit sluit universele mediese sorg, infrastruktuur ontwikkeling, landbou en agri-besigheid sowel as minerale verdeling in.  Maar dit sal eers teen 2063 bereik word.

Waarnemers meen egter teen die tempo wat die infrastruktuur en veral landbou in Afrika afgebreek word, sal die “droom” nie in 100 jaar bereik word nie.

Sedert koloniale magte die kontinent verlaat het, het meer agteruitgang ingetree eerder as vooruitgang.