Australië se grootste Friesbees

Die groot bees wat Knickers gedoop is, het normale grote ouers, naar sy groot liggaam, wat ietwat abnormaal groot is, het hom byna in die slagpale laat beland.

Die dier wat op ’n plaas in Westelike Australië was, het net aangehou met groei tot dit die hoogte van bykans 2 meter bereik het.

Hy is te groot om deur die slagpale se masjiene verwerk te word, en wandel maar niksvermoedend tussen die ander diere van die plaas.

Sy 1,95 meter hoë liggaam wat 1,270 kilogram weeg, is ’n Friesbees wat hoog bokant die ander beeste op die plaas staan.

Hy is deel van die beestrop op ’n beesplaas buite die dorp waar Geoff Pearson boer wat op navraag gesê het die bees is 7 jaar oud en waarskynlik die grootste Friesbees in Australië.

Knicker was maar ’n gewone kalf, wat op ’n stadium net aangehou het groei tot hy byna twee meter hoogte bereik het.