Anglo American en gronddiesftal

Anglo American(AA) het nou ook tot die grondgryp kwessie toegetree met die opskrif dat hul ‘n positiewe bydrae wil maak tot die saak.

Benewens die land se pogings tot sogenaamde grondhervorming wil AA die verdraaide rasse patrone van die verlede aanspreek.

Dit aldus Mark Citifani, Anglo Amerian se Hoof Uitvoerende Beampte en hy gaan verder deur te sê se dat daar ‘n inklusiewe en werkbare oplossing gevind moet word.

Volgens hom moet apartheid se skade omgekeer word wat daartoe gelei het dat 8% van die bevolking meer as 75% van die landbou grond besit.

Waarnemers wys daarop dat dit opvallend is dat hy nie verwys na die uitbuiting van mynmagnate soos Anglo American, De Beers nie,

Meningsvormers reken die mynbase het die land sedert 1902 geplunder om hulle sakke vol geld te maak en toe hulle belange na die buiteland verskuif.