ANC se verkiesings foefies

Die ANC is besig met hul 2019 verkiesings veldtog en die 2de in bevel, David Mabuza, het in OosTransvaal kiesers belowe dat hulle, die ANC, sal sorg dat inwoners ‘n huis kry. In een geval is sommer ‘n bed, ‘n toilet en ‘n stoof belowe.   Nouja daar is diegene wat die beloftes glo en weer vir die ANC sal stem ongeag die party se geskiedenis van bedrog en diefstal.

Intussen het die ANC die koning van Zoeloeland die versekering gegee dat die Inonyama Trust nie betrokke sal wees by die voorgestelde gronddiefstal nie.  Drie miljoen hektaar grond is dus in die hande van ‘n tradisionele leier maar sy volgelinge se stemme is meer werd as om die grond werklik te benut.