ANC se aanstellings

Barbara Hogan het voor die kommissie oor staatskaping getuig hoe die regerende party dikwels ingemeng het met die aanstelling van  voorsitters en hoofde van staatsentiteite soos Transnet.

Sy getuig voorts dat Jacob Zuma persoonlik by geleentheid haar probeer oorreed om aanstellings van sy keuse deur te voer.

In hierdie geval was dit met Siyabonga Gama  terwyl daar ‘n dissiplinêre ondersoek teen hom was.  Nepotisme en begunstiging was blykbaar aan die orde van die dag binne die party.

Foto – Barbara Hogan