Afrika, O Afrika!

Johannesburg se Burgemeester, Herman Mashaba, het glo sy eerste burgerlike arrestasie gedoen in belang van die Goudstad se reputasie.

Hy het ’n man gestop wat met ’n winkel inkopie waentjie met ’n op gekapte bees koppe daarin, die straat af gestap het met sy kosbare vrag.

’n Woordvoerder van die Metro Polisie Departement , David Tembe, het bevestig dat die man later in hegtenis geneem is aangesien die bees koppe ’n gesondheidsgevaar inhou.

Die meegaande foto wat op die sosiale netwerke beland het, was ’n fees vir diegene wat graag kommentaar lewer oor sulke vreemd gedrag.

Daar is ook diegene wat die burgemeester en die polisie verkwalik het dat die man in hegtenis geneem is, aangesien dit ’n belemmering is van entrepreneurskap.