300 bestuurders afgedank

Innovative Staffing Solutions het 300 vragmotor bestuurders afgedank nadat hul positief getoets is vir die gebruik van dagga.

Die firma meld dat gereelde toetse gedoen word om te bepaal of bestuurders nie onwettige middels en/of alkohol gebruik terwyl hul aan diens is nie.

‘n Bestuurder onder die invloed van dagga is ‘n gevaar op die pad terwyl hy/sy ‘n 60 ton “missiel” bestuur aldus ‘n segsman van ISS.

Met die regime se besluit dat dagga gewettig is, word die moontlikheid van toenemende verkeersprobleme voorsien, en kan die sterftesyfer op paaie aansienlik styg, word gesq.