VSA Ambassadeur Haley bedank

Nikki Haley,die bekwame Amerikaanse ambassadeur in die Verenigde Nasies, het haar bedanking aan president Donald Trump oorhandig waarin sy aankondig dat haar dienste in Desember beëindig word.

In ’n media onderhoud waar sy saam met die president oor haar uittrede gepraat het, was die president vol lof vir haar goeie gesindheid, lojaliteit en bekwame wyse waarop sy die VSA se saak gestel het in die Algemene Vergadering en Veiligheidsraad.

Haley was vol lof vir die president en sy doelgerigte beleidsrigtings wat hy nougeset uitgevoer het tydens haar twee jaar dienstermyn.

Waarnemers wys daarop dat die moontlikheid baie sterk is dat Haley gedurende die komende deelstaat verkiesings ’n nuwe politieke rigting kan inslaan met die steun van president Trump.

Dit is nog nie bekend wie die opvolger van Nikki Haley is nie, maar dit word aanvaar dat die Amerikaanse president baie gou ’n opvolger sal aanwys.

Een van die moontlike opvolgers kan Dina Powell wees, maar die president sal sy aankondiging binne weke doen.