Vier stappers aangerand op staproete

Vier stappers is aangerand deur rampokkers op ‘n staproete by Kaapstad.

Drie van die stappers is met messe gesteek terwyl hul loopfone, stapskoene, geld en ander items gesteel is.

Vier mans is kort daarna gearresteer met die stappers se goedere nog in hul besit.  ‘n Vyfde verdagte is nog soek.

Volgens owerhede is dit nie meer veilig vir stappers en drawwers in parke in en om Kaapstad nie. Voorheen is mense ook al aangeval op staproetes in Tafelberg.