VBS Mutual Bank verrot

Die uitslag van ‘n forensiese verslag is verdoemend vir die reeds omstrede VBS Mutual Bank, waar Jacob Zuma geld geleen het om van sy verbeterings aan Nkandla terug te betaal.

Meer as 53 “begunstigdes” het oor ‘n tydperk van 3 jaar R1,8 miljard ontvang as sogenaamde fooie.  Die ondersoeker het aanbeveel dat gelde van 27 persone herwin moet word wat wissel van R2 miljoen tot R936 miljoen. Die Venda koning het R17,7 miljoen ontvang. Brian Shivambu, broer van EFF se adjunkpresident Floyd Shivambu, is ook met R16 miljoen verryk.

In die verslag word aanbeveel dat meer as 50 individue strafregtelik aangekla moet word, onder meer voormalige uitvoerende hoofde, politici en hulle families, en selfs ouditeure wat vals state afgeteken het.

Voorheen is die VBS bank reeds deur die Reserwebank onder kuratorskap geplaas weens toenemende probleme met likwiditeit.