VBS Bank dank werkers af

VBS Mutual Bank het 94 werknemers afgedank wat die bykans bankrot bank laat met 26 personeellede.

Bykans R2 miljard is skynbaar bedrieglik uitbetaal aan individue en instansies, veral amptenare van munisipaliteite wat toegesien het dat fondse belê is by die bank.

Takke is gesluit en slegs Thohoyando en Makhodo takke sal opereer.

Die afgedankte werkers is ontevrede en glo hulle moet nou gestraf word vir die optrede van die bank se bestuur en direkteure.