Swede probeer ’n koalisieregering saamstel

Nadat die Sweedse regering die verkiesing verloor het en geen party daarin kon slaag om ’n volstrekte meerderheid te kry nie, het die land in ’n moeilike stadium inbeweeg toe die regering ook met ’n mosie van wantroue verplig is om te bedank.

Die regering sou tydelik in beheer bly tot ’n nuwe regering saamgestel kon word, maar die mosie van wantroue in die eerste minster het gelei tot ’n verpligte bedanking.

Die president van die Sweedse parlement, Andreas Norlen, het beveel dat die hoof van die Moderaterna Party, Ulf Kristersson, ’n nuwe koalisieregering moet saamstel.

Ulf Kristersson staan aan die hoof van die sogenaamde Burgerlike Alliansie en Vrye Christene en Senter Party.

Die alliansie kan ’n regering saamstel indien hulle die samewerking van ander kleiner partye kan bekom, maar het slegs twee weke tyd om die regering saam te stel en ’n kabinet aan te wys.

Dit blyk egter dat die partye nie gretig is om saam te werk nie, wat die samestel van ’n koalisieregering klaarblyklik nie moontlik maak nie.

Indien Ulf Kristersson nie slaag in sy poging om ’n regering saam te stel nie, sal ’n volgende party getaak word dur die parlementêre president.

Foto – Ulf Kristersson