Sjina spioeneer op Apple en Amazon

’n Rekenaar skyfie so groot dat dit byna nie opgemerk kan word nie, en ’n vragmotor het Sjina, volgens Bloomberg se verslag, probeer om te spioeneer op die Amerikaanse bedrywe waarvan Amazon en Apple van die grootste onderneming is.

Die klein rekenaar skyfie word op die hoof bediener van die Amerikaanse rekenaar fabrikant Supermicro geplant wat professionele apparate aan groot ondernemings lewer, en waarvan Apple en Amazon twee is.

’n Europese koerant berig dat Bloomberg in gesprekke met anonieme bronne binne die betrokke bedrywe gevoer het en sekere inligting bekom het.

Die ergste is waarskynlik dat die Amerikaanse CIA ook van dieselfde bron as verskaffer gebruik maak, wat beteken dat daar ook op hulle gespioeneer kan word.

Die besondere rekenaar skyfies is die eerste keer in 2015 in die VSA ontdek deur deskundiges van Amazon wat dit onverwyld aan die Amerikaanse Geheimediens oorgedra het.

Na bewering maak die Departement van Verdediging in Amerika ook van die bediener gebruik en is dit waarskynlik ook ’n teiken van die Sjinese waarop gespioeneer word.

Na deeglike ondersoeke gedoen is, het deskundiges die skyfie by minstens 30 instansies se rekenaars gevind.

Die rekenaar skyfie word gebruik om die kuberkraker in staat te stel om besonderhede uit die stelsel te trek met besliste seine wat nie dur die eienaars van die tekenaar waargeneem kan word nie.