SAUK dank (blanke?) personeel af

Die SAUK het uiteindelik erken dat hy besig is met personeel afleggings om uit sy finansiële probleme te kom.

Die vakbonde BEMAWU en CWU is in kennis gestel van die afleggings, en hulle eis nou om die redes daarvoor te verduidelik.

Die staatsuitsaaier sê sy salarisrekening is te hoog, en is daarom genoodsaak om personeel af te lê.

Aangesien die Afrikaanstalige RSG geen geleentheid laat verby gaan om met trots te verkondig dat bruin Afrikaanssprekendes hulle grootste luister gehoor is nie, is die vermoede dat veral blanke Afrikaanse werknemers geraak sal word deur die afleggings sodat die uitsaaier nog meer polities korrek kan word en nog meer links propagandisties sal word.