Rand val na Nenegate

Die rand het swakker vertoon met die opening van die JEB op Maandag 8 Oktober en dit is as gevolg van die aankondiging dat Nhlanhla Nene dalk afgedank gaan word.

Volgens gerugte het Nene vir Cyril Ramaphosa versoek om hom te onthef van sy pos  weens sy “besoeke” aan die Gupta broers by hul huis in Johannesburg. Dit is deur die president se kantoor ontken.

Die druk op Nene om te bedank neem egter toe, en daar word al bespiegel oor wie sy pos kan oorneem. Trevor Manuel (foto) se naam kom in dié verband sterk na vore.