Prokureur aangekla oor vinger

Die menseregte prokureur, Richard Spoor, staan tans tereg op aanranding.

Die klagstaat teen hom lees: “Die beskuldigde het wederregtelik en opsetlik generaal-majoor Swart aangerand deur na hom te wys met sy vinger.”

Alhoewel daar gevra word of mens nie meer vingertaal mag gebruik nie, is die blote dreigement om aanranding te pleeg, wel aanranding. Die vereiste is egter dat die klaer (generaal Swart) werklik bedreig gevoel het omdat die verdagte (Spoor) inderdaad in staat sou wees om sy dreigement uit te voer.