Nog twee treine brand in Kaapstad

Terwyl Prasa se raad in ‘n nabygeleë hotel vergader het met parlementslede oor brandstigting en geweld op stasies en spoorlyne, is twee treine aan die brand gesteek op Kaapstad stasie se platforms 16 en 17.

Prasa se voorsitter, Khanyisile Kweyama, was baie “ontsteld” oor die voorval.

Prasa se verlies die afgelope drie jaar beloop meer as R636 miljoen.

Patricia de Lille, vertrekkende burgemeester van Kaapstad, het die brand van treine beskryf as ekonomiese sabotasie.