Nog ‘n Eskom kragstasie geskud

Eenheid vyf van die Lethabo kragstasie by Viljoensdrif in die Noord-Vrystaat is deur ‘n ontploffing geskud en tans buite werking weens ‘n breuk in die hoof stoompyp. Die ander eenhede werk egter steeds.

Een werker is gedood en een krities beseer.  Eskom sê dat dit ‘n groot insident was wat laat gistermiddag plaasgevind het.

Die oorsaak van die ontploffing word nou ondersoek.