Nene op pad uit?

Dit blyk dat die ontmoetings wat minister Nene gehad het met die Guptas die einde van sy loopbaan kan beteken.

Hy het verskeie kere vergader saam met die gebroeders buite sy kantoor en het dit nie aangetoon met sy heraanstelling as minister van finansies nie.

Cyril Ramaphosa gaan glo binnekort sy tweede kabinet skommeling aankondig onder andere om Edna Molewa te vervang, wat onlangs oorlede is. Waarnemers hou die verwikkeling met belangstelling dop, want hy kan van die geleentheid gebruik maak om sy lojaliste in te trek, veral met die gerugte dat die Zuma kamp probeer om hom uit te kry.