Nasionalisme. ‘n Vloekwoord?

As daar na die verklarende woordeboek gekyk word dan sien mens dat nasionalisme is: ‘n politieke, sosiale en ekonomiese stelsel wat die belange van ‘n spesifieke nasie wil bevorder, veral met die doel om selfbestuur of te wel soewereiniteit te bewerkstellig. Volgens Wikipedia beteken dit dus dat ‘n nasie homself moet regeer, sonder inmenging van buite en  gefokus op die instandhouding van ‘n nasionale identiteit met gedeelde eienskappe soos kultuur, taal, ras en godsdiens.

Dus is die strewe van ‘n volk, soos die van die Afrikaner Boerevolk, om soewerein, onafhanklik op homself aangewese te wees ‘n erkende beginsel volgens volkereg.  Tans is daar by ons volk weinig te sien van hierdie strewe om ongehinderd in ‘n veilige “land” te wil leef.  Die media se indoktrinasie op die individu se denke rondom nasionalisme het ons mense afgestomp en is besig om die laaste wil om te oorleef dood te druk.

Enige melding van volkstrots of verwysing na die verlede word afgemaak as “verkeerd”, “sonde” of as in stryd met menseregte. Ons kinders weet nie van, of leer nie meer waar ons vandaan kom en wat ons doel hier op die suidpunt van Afrika is nie.  Geskiedenis word verdraai en selfs die kerke speel lustig saam om dit wat ons voorgangers tot stand gebring het af te speel as uitbuiting, diefstal en verwerping van die liefdesgebod.

Die vraag is egter of daar nog ‘n strewe is by die Afrikaner volk om werklik vry te wees?  Is daar nog ‘n wil by ons mense om van nuuts voor te begin. Dit kan en sal nie maklik wees nie.  Dit sal opoffering verg, dit sal beteken dat elkeen sy eie werk moet verrig en nie aangewese wees op volksvreemde arbeid nie.

Die Voortrekkers het alles agter gelaat en getrek en ‘n nuwe toekoms uitgekap in hierdie woeste land.  Dit het sweet en bloed gekos, dit het stryd gekos teen die swart barbare maar ten spyte van die oormag het dit by Bloedrivier uitgeloop op ‘n Godgegewe oorwinning.  Die volk het twee oorloë deurgemaak teen die Britse magte, 120 000 vroue en kinders is in helkampe dood maar die volk het opgestaan en ‘n land opgebou wat enig in Afrika was.

Was al die opofferinge verniet?  Is ons hande te lam en ons voete te moeg om op te staan en iets te doen aan hierdie saak? Is daar nog ‘n bietjie volkstrots oor?

Mag die geskiedenis nie ‘n oordeel oor die Boere Afrikaner uitspreek nie.

Dr Sakkie van der Merwe