Nasionalisme groei in Vlaandere

Vir die eerste keer in jare het daar ’n sigbare verandering gekom in die kiesers se benadering van die politiek in Vlaandere, en is dit duidelik dat ontevredenheid bestaan oor die regerende Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA).

Die nasionalistiese Vlaams Belang het in die jongste peiling kort voor die Vlaamse verkiesing ’n sterk groei getoon terwyl die N-VA aansienlike steun verloor het.

Indien ’n verkiesing tydens die peiling gehou sou word, sal die nasionaliste minstens 25% van die steun kry, wat die Alliansie in ’n uiters moeilike posisie sal plaas.

Waarnemers meen die groei van Vlaams Belang is sowat 6% teenoor die vorige verkiesing, wat beteken dat die kiesers besig is om die tendens wat oral in Europa sigbaar geword het, ook in Vlaandere ondervind word.

Die uitslag van Sondag se verkiesing was dus nie onverwags of verrassend nie, en die styging in steun van Vlaams Belang het die links partye rede tot kommer gegee.