Le Pen sê EU Parlement gaan verander

Marine Le Pen, die leier van die Franse nasionaliste, het besoek gebring by die nasionalistiese regering van Italië waar sy Matteo Salvini ontmoet het in Rome.

Gedurende ’n perskonferensie wat na die samesprekings in Rome gehou is, het die Italiaanse minster die Europese Kommissie se president, Jean-Claude Juncker, en die Ekonomiese Kommissaris, Pierre Moscovici, bestempel as die vyande van Europa  wat skuil in Brussel en wat weier om daardie skuilings te verlaat.

Marine Le Pen het tydens die konferensie gesê die 2019 verkiesing vir die Europese Parlement gaan dramatiese veranderinge teweegbring wat die politieke koers van Europa sal verander in ’n meer populistiese rigting.

Frankryk en Italië het beide ’n groot werkloosheid probleem, en waar die nasionalistiese regering nou nuwe maatreëls in plek probeer kry om meer werksgeleenthede te skep, is Frankryk se sosialistiese president klaarblyklik nie bekommerd oor die groot aantal werkloses in sy land nie.

Le Pen het haar duidelik uitgedruk toe sy gesê het dat nie haar party of die Italiaanse regering teen Europa veg nie, maar wel teen die Europese Unie wat die landsgrense oop hou sodat onwettige immigrante oor Europa kan spoel.

Waarnemers meen die besoek het ten doel om strategie te bespreek vir die komende verkiesing van lede vir die Europese Parlement.

Foto – Marine Le Pen en Matteo Salvini