Krugerdag herdenk

Die jaarlikse Krugerdagherdenking op die Heldeakker in Pretoria vind weer hierdie week plaas.

Soos elke jaar die geval is, word daar van die middag 15:00 kranse gelê by die grafte van pres. Paul Kruger en ander geskiedkundige persone wat daar begrawe is. Enigeen is welkom om ‘n krans te gaan lê. Dit word opgevolg om 16:30 deur ‘n herdenkingsdiens in die Krugerkerk, reg oor die Krugerhuis.

Daarna sal mnr. Bennie van Zyl van TLU SA praat oor “My erfenis my toekoms”, waarna daar ‘n vingerete sal wees wat opgevolg word met ‘n kulturele aand van vermaak.

Toekomsvonk gebruik die dag om ‘n bespreking te hou oor grond. Dit begin om 18:00 by Toutrekpark in 14de Laan, Gezina. Die paneel bestaan uit dr. Pieter Groenewald, dr. Dan Roodt, mnre. Steve Hoffmeyr, Henk van de Graaf, Mosioa Lekota en Audy Hendricks. Die geleentheid is oop vir die publiek.